WAT KAN EK VAN DIE KLEINGROEP VERWAG?

  • Gereelde byeenkomste

  • Kontak met mense soos jy wat in ons kerk wil wees

  • Praktiese ondersteuning deur mense wat vir mekaar omgee

  • ‘n Omgewing waar jy geestelik kan groei en kan leer hoe om die Woord uit te dra

  • Platform om temas te bespreek en Bybelse kennis te verbreed

  • Dienswerkprojekte vir ondersteuning

  • Mense wat vir jou bid

  • ‘n Geleentheid om vir ander tot hulp te wees

WAT WORD VAN MY VERWAG AS KLEINGROEPLID?

Onvoorwaardelike liefde

Die gedagte van kleingroep is om vir mekaar lief te wees. Hier sal ek probeer dat niks in die pad staan vir my liefde vir mekaar nie. Al kom daar tye dat ek nie saam met ander stem oor hulle sienings en opinies nie, sal ek steeds die mense liefhê. My liefde sal ook uitreik na ander wat nog nie in die groep is nie en poog om hulle in te trek en deel te maak van die kleingroep.

Getroue bywoning

Maak ’n verbintenis en woon elke kleingroepbyeenkoms gereeld en stiptelik by. Maak verskoning as jy in uitsonderlike gevalle nie kan bywoon nie.

Algehele beskikbaarheid

Stel jouself, jou tyd, gawes, energie, insig en wysheid beskikbaar vir die groep. Maak ‘n verbintenis tot die groep en maak dit prioriteit in jou lewe. Hier is so baie geleentheid vir bediening.

Getroue aanbidding

Bid vir mekaar. Dit is wat die Here van ons verwag. Bid sonder ophou dat die Here die lede en die byeenkomste sal seën.

Groter openheid

Hier is die plek om jou gevoelens, jou stryd , jou swaarkry en jou vreugdes te deel. Vertrou die groep met wat op jou hart is en skep ‘n vertrouensband dat almal vrymoedig kan deel. Wees altyd eerlik.

Sensitiwiteit vir ander

Wees ingestel op die ander se behoeftes. Kyk met Christus se oë, luister met Sy ore en gee om met Sy hart.

Waaragtige vertroulikheid

Moenie uitpraat oor vertroulike dinge wat binne die groep gesê word nie. Skep altyd ’n atmosfeer waar sekuriteit heers.