Gereformeerde Kerk Centurion

Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Nuus

Eredienste

09:00 en 18:00 eredienste word hier uitgesaai in beeld en hier uitgesaai in klank.  
11:00 Alethea Outreach service can be followed here .

Ons gee om vir mekaar:

  • Pieter Pretorius sterk tuis aan nadat hy ʼn draai in die hospitaal gemaak het (B10).
  • Elmo Johl sterk aan in Groenkloof hospitaal (B16).
  • Helene Viljoen sterk aan in 1 Mil hospitaal (B15).
  • Anneke van Jaarsveld sterk aan na ʼn val waarin sy haar skouer ontwrig het (A6).
  • Willem van Wyk sterk aan in Groenkloof hospitaal (C12).

Ons lidmate word aan die liefdevolle versorging van die Here opgedra 

“…die Here sal my onder sy sorg neem.” Ps 27:10

Geluk

Johan en Winter du Plooy met die geboorte van Eliana.

Die Kommunikaatjie

Lees dit hier

Katkisasie

Vandag (19 April): Les 9, Ps 33-1-1
Volgende week: Geen

Kollektes

…kan afgedra word d.m.v EFT (bankbesonderhede in ‘n kommunikaatjie) of met Zapper. Vir QR-kodes kliek hier.

Kerk en staat

 Die verhouding tussen kerk en staat was deur die geskiedenis dikwels ’n bron van spanning. Wanneer die staat beheer oor die kerk uitoefen, ontstaan die gevaar dat die kerk se geestelike roeping ondergeskik raak aan politieke belange. 

In die Bybel sien ons dat die kerk geroep is om aan God gehoorsaam te wees bo mense (Handelinge 5:29). Die kerk se taak is om die evangelie van Jesus Christus suiwer te verkondig, dissipels te maak en as sout en lig in die wêreld te leef. 

Wanneer die staat egter probeer om die inhoud van prediking, leerstellings of kerklike praktyke te bepaal, word hierdie roeping bedreig. 

Die geskiedenis toon verskeie voorbeelde waar staatsbeheer tot verval gelei het. Waar die kerk afhanklik raak van politieke mag of finansiële steun, verloor dit maklik sy profetiese stem. In plaas daarvan om die staat te vermaan, begin dit om die staat te behaag. 

Dit beteken egter nie dat die kerk en staat geen verhouding moet hê nie. Die staat is deur God ingestel om orde en geregtigheid te handhaaf (Romeine 13). Die kerk behoort dus die staat te respekteer en vir owerhede te bid. Tog moet daar ’n duidelike onderskeid bly: die staat regeer oor burgerlike sake, maar Christus is die enigste Hoof van die kerk. 

’n Gesonde samelewing vereis dat die kerk vry moet wees om God se Woord te verkondig, selfs wanneer dit teen die staat se wil ingaan. Waar hierdie vryheid ontbreek, word nie net die kerk benadeel nie, maar ook die samelewing as geheel. 

Tans word daar gepoog om wetgewing in ons land in te voer wat die gesag en selfstandigheid van kerke aan bande sal lê. Ons kerkverband het daarom met die owerheid hieroor gekorrespondeer en die brief word aan u almal versprei vir ernstige kennisname en voortdurende voorbidding. 

Ds. Maarten 

 (Lees bl 8 in ons nuusbrief na die dringende brief van die GKSA se Deputate Owerheid oor moontlike wetgewing wat die staat beheer oor kerke gee.) 

Sê wie? Sê Gód!

Skriflesing: Hebreërs 1 (2020)
Teksvers: Hebreërs 1:1-2a
HK: Sondag 6

Kan jy oor jou geloof antwoord op die vraag?: “Hoe weet jy dit?” 

GOD HET GESÊ … 

Lank terug het Hy reeds gesê en op baie maniere. 
Nou het Hy deur sy Seun gepraat en klaar gepraat. 

… OOR DIE SEUN AS WARE MENS 

‘n Priester wat reiniging bewerk! 
‘n Volmaakte offer. 
Die gevolge van die offer. 

… OOR DIE SEUN AS WARE GOD 

Hoor jy die krag van sy Godheid? Die skepping, die onderhouding, die heerlikheid. 
Hy dra God se toorn deur die krag van sy Godheid. 
Moenie mompel nie. Sê Wie het gesê en hóé Hy gesê het. 

God is Meer as ons Hart

Skriflesing: 1 Johannes 3:9-24; Genesis 4:3-16 (2020)
Teksvers: 1 Johannes 3:18-22

Uit die eerste brief van Johannes het ons gevind dat daar reeds drie verskillende maniere waarop ons geloof getoets kan word, met ander woorde, of jy uit God gebore is en Hom ken. Die eerste is die toets van die waarheid, dat God se Woord die enigste gesag van jou lewe is en dat jy sy gebooie bewaar. Die tweede toets is die morele, of jy in Hom bly en lyk soos Hy lyk, of word soos Hy is. Die derde toets is die van liefde, om jou broer lief te hê. 

Dit is waar ons gewete ons baie maal aankla, of in hierdie sin, jou hart. Soms leef daar dieselfde gesindheid in ons hart soos die van Kain. God is meer as ons hart… maar wat sal dit tog 

Kosbare Remedies teen Satan se planne

 Hoe bekend is jy met die satan se planne om die kerk van Christus te vernietig? Ons weet tog so goed uit Efesiërs 6 dat ons stryd nie teen vlees en bloed is nie, dat ons die wapenrusting van die geloof moet opneem. 

Tog is daar baie Christene, veral in die modern era, wat naïef is oor geloof. Geloof is vir hulle iets wat “lekker” is en jou laat goed voel. Dit moenie iets wees wat moeite vereis nie! Vir die meeste moderne Christene is die ongereelde lees van die Bybel en ‘n skiet gebed genoegsaam vir hulle geestelike groei en sekerheid. Ons lewe is so besig, en tyd is so min, daarom is die bietjie tyd wat jy afstaan aan jou geloof ‘n bewys dat jy tog gered sal word. 

Miskien is dit waar dat ons leef in ‘n tyd waarin ons so min as moontlik hoef te doen vir ons verlossing. Ons leef die heeltyd met die gedagte, om net die noodsaaklikste te verrig. Wat is die minste wat jy hoef te doen om darem nog steeds die hemel te maak? 

Dit is asof ons gewete nie meer geprikkel word of dat ons skuldig voel as jy nie jou lewe aan Christus oorgee om alles in Hom en Deur Hom en Tot Hom te doen nie. Ons leef immers ‘n tyd van verbruikers mentaliteit. Mense sien hulleself nie as lede van die liggaam van Christus nie, maar eerder in ‘n lidmaatskap wat gedien en bedien moet word. 

As jy leef om net die nodigste te doen vir jou geloof, hoe sal jy tog weet wat is die aanslag om jou van die geloof te ontwortel of te beroof. Die apostel Paulus skryf juis daaroor in die 2de Korintiër brief in hoofstuk 2 as hy vermeld dat hulle nie onbekend is met die planne van die satan nie. 

Dit laat ‘n mens tog vra: wat is jou strategie teen die sonde en die satan? Het jy ‘n plan? Baie maal leef jy maar net elke dag met jou fokus op wat jy in die lewe moet verrig om te oorleef. 

Dit maak ‘n boekie soos die van Thomas Brooks so kosbaar, want hy skryf oor Precious remedies against satan’s devices, of William Bridge se Lifting up of the downcast. 

Laat ons nie onkant betrap word met die bedrieglike planne van die satan nie, laat ons nie verstrengel raak in die web van sorge van die lewe, dat ons vergeet wat ware vryheid in Christus vir ons beteken nie… 

Christus gee tog vir ons kosbare remedies en oplossings vir elke bose plan. Mag ons in die geloof volhard en ons lewe daaraan toewy om die wedloop te voltooi en die geloof te behou! 

Lourens (vdm) 

« Older posts